Mense, ook sogenaamde kerkmense, is geneig om baie negatief te reageer as hulle die woord huigelaar hoor of self gebruik. Dan kry jy uitsprake soos die volgende :
Daardie man / vrou is 'n regte huigelaar. 'n Mens kan hom glad nie vertrou nie.
Of : Alle politici is skynheilig. Moet niks glo wat hulle se nie.
Of: Die kerk is vol huigelaars, en daarom wil ek nie meer kerk toe gaan nie.
Al hierdie uitsprake het miskien 'n element van waarheid in, maar die gevaar is dat dit ook die leuen van veralgemening kan bevat. Baie keer is 'n medehuigelaar aan die woord, sonder om dit te erken of te besef.